Die Duif
deur Fien
(Sing op wysie van La Paloma)


Die son daal so stadig ver in die weste neer
Die wind streel die takkies wiegende heen en weer
Dis aand, en die dou val saggies op kelkies rein
Die maan werp haar strale vleiend oor krans en kruin
En hoog in die lug waar sterre soos wagte vonkel
Vlie eensaam die duif t'rug oor 'n pad wat kronkel
Verlore en dwalend swerwe sy blindlings rond
Met kragte geput stort sy einedlik op die grond
Dis nag, en met veld en kranse wat slaap omheen
Met vlerkies gevou, so sterf die duif alleen

Die son verrys met strale goud
Dans laggend heen en weer oor woud
Die wolkies seil oor hemel blou
Die voëltjies sing luidrugtig nou
"Dis dag, dis dag, waak gou"

En hoog in 'n boom in nessie van veertjies sag
Ontwaak kleine duifies wat op hul moeder wag
So klein moet hul nou die lewe alleen begin
Alreeds sonder hulp moet hulle die wêreld in