|
Vleisgeregte |
||
| BEESTONG
MET MOSTERDSOUS 1 kg beestong 1 klein ui 1 klein geelwortel vars seldery of pietersielietakkies knippie sout 4 peperkorrels 2 heel naeltjies Sous 125 ml suiker 60 ml mosterdpoeier 30 ml koekmeel 250 ml kookwater 250 ml mayonnaise 125 ml witasyn sap van 1 suurlemoen Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in 'n oondvaste bak. Stel oond op 160°C. Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en voeg die res - buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30 minute. Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai. |
||
|
VINGER-LEK-LEKKER HOENDER 6 – 8 hoenderstukke 6 ml paprika 5 ml Aromat 5 ml hoenderspeserye 5 ml sout 3 ml vars gemaalde swartpeper 30 ml asyn 1 ui (in ringe gesny) & losgemaak 1 blikkie creamed mushrooms 1 pakkie cream of tomato sop 500 ml warm water gevriesde groente (so twee hande vol) Stel die oond op 180 ˚C. Plaas die hoenderstukke in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel. Meng die Aromat, hoenderspeserye, sout en peper saam en strooi bo-oor die hoender. Sprinkel nou die asyn oor. Plaas die uie-ringe nou bo-oor en volg daarna met die gemengde groente. Skep dan die creamed mushrooms bo-oor. Los die soppoeier nou op in die 500 ml water en skep bo-oor die hoender. Bedek bak en bak vir 2 ½ ure lank tot gaar. |
||
| BIEF-EN-VARKWORSKASSEROL. (4-6
Porsies) 600g stowebeesvleis. 150g klein varkworsies. 25ml olie. 1 ui. 3 selderystingels. 1 appel. 25g meelblom. 250ml biefaftreksel. 250ml sider. 6-8 naeltjies. 3 suurlemoenblare( of vars lourierblare) 12,5ml gekapte pietersielie. Verwyder vet van vleis en sny in blokkies.Sny worsies in twee.Verhit olie en braai vleis en worsies bruin.Skil en sny uie in skywe.Kap seldery,Ontkern appel en sny in skywe.Sprinkel meel oor vleis en roer goed. Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel, naeltjies,suurlemoenblare en smaakmiddels by. Plaas in kasserol met deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag.Garneer met pietersielie. |
||
| GESMOORDE BEESSTERT 1 beesstert, opgesny. olie vir braai. 2 uie, in skywe gesny. 2 wortels, geskraap en in kwarte gesny. 3 selderystingels, in 5 cm.- stukke gesny. 15 ml. koekmeelblom. 500 ml. vleisaftreksel. bouquet garni. sout en peper na smaak. Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant. Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook. Geur met kruie en geurmiddels. ( bouet garni ) Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is. Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys. Let wel: As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder. Verhit goed voor opdiening. Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie toegebind en voor opdiening verwyder word. |
||
| VLEISROL
4 eiers geskei Klop wit van eiers
styf. Klop geel tot romerig. Voeg bestanddele by die wit van die eiers in
die volgende volgorde: VULSEL |
||
| LAMSBOUD 1 lamsboud, ± 2 kg- Sout en peper klein bossie vars roosmaryn 5 cm vars gemmerwortel, gerasper 1 knoffeltoontjie, fyngedruk 2 eetlepels heuning Voorverhit die oond tot 160ºC. Geur die lamsboud met sout en peper. Maak 15 snytjies oor die boud. Steek takkies roosmaryn in die snytjies. Meng die gemmer, knoffel en heuning tot ´n pasta en smeer oor die vleis. Plaas boud op ´n oondrakkie wat oor ´n oondbraaipan pas. Oondbraai vir 30 minute en draai die boud om en oondbraai vir nog 1½ uur tot goudbruin. Die vleissappe moet helder wees as ´n toetspen ingesteek word. |
||
|
SPRINGBOKBOUD 1 springbokboud -± 2kg 250g varkspek 15ml olie Marinade 5 ml fyn naeltjies 15ml koljander 2ml neut 3ml vars gemaalde peper 10ml sout 10ml bruinsuiker 250ml Port Stop boud met spek (vries Spek). Meng al die bestandele van die marinade. Gooi oor boud en los in yskas vir 2 tot 3 dae. Haal uit marinade en druk droog. Braai boud in olie, in swaarboomkastrol tot bruin. Voeg marinade by en kook tot sag. |
||
| KORSLOSE
KAAS- EN HOENDERTERT Botter vir smeer 4 grt aartappels 3 eiers, geklits grasuie pietersielie basiliekruid 1 k gerasperde sterk kaas 2 k fyn, gaar hoender 2 E mayonnaise 1 E tamatiepuree ½ k room swartpeper Voer ‘n losboompan met aluminiumfoelie en smeer met botter Kook die aartappels tot halfgaar en rasper. Voorverhit die oond tot 180°C/350°F. Meng die aartappels met die eiers, grasuie, kruie en helfte van die kaas. Smeer helfte van die mengsel oor die pan se boom. Meng die fyn hoender met die mayonnaise, tamatiepuree, room en bietjie peper. Smeer oor die mengsel in die pan. Bedek met die res van die aartappelmengsel en sprinkle die orige kaas oor. Bak 1 uur in die oond. Bedien warm of koud. |
||
| KRUIE
VARK LENDESKYF 510 g vark lendeskyf 5 lourierblare 5 takkies tiemie 5 takkies roosmaryn 4 uie, in kwarte gesny 4 knoffelhuisies, gehalveer 30 ml olie 125 ml witwyn 190 ml hoenderaftreksel Geur die vark met sout. Bedek die vleis met die loerierblare, tiemie en roosmaryn en bind dit met kombuistou vas. Verhit die olie, voeg die vleis, uie en knoffel by en verbruin. Voeg die wyn en die aftreksel by en bring dit tot kookpunt. Bak dit in n voorverhitte oond van 200 Grade vir 25 minute. Draai die vleis toe in foelie en laat dit rus vir 4 minute. Bring die kook sous tot kookpunt en geur met sout en peper. |
||
VARKNEK MET SJERRIESOUSVryf sout en fyn gemmer in die varknek in. Braai varknek in botter en olie tot bruin. Plaas in foelie met 8 halwe uitjies en bak in oond @ 200 grade vir ongeveer 1 en 1/2f tot 2 uur. Sjerriesous: 2 uie gekap 1/2 teelepel fyn vars knoffel Sorteer in botter Voeg 15ml koekmeel by en roer Voeg 250ml (1k) sjerrie by Voeg 250ml (1k) hoenderaftreksel by Voeg 20ml tamatiepuree by Voeg 2ml sout en 1ml vars gemaalde peper by Voeg 10ml suurlemoensap by Voeg ongeveer 10 ontpitte, klein gesnyde pruimedante by Laat prut Voeg al die sous en uitjies van vleis by die sjerriesous en laat goed deurkook Haal van stoof af en voeg 100ml room by Roer deur. Gooi oor gesnyde varknek Graneer met vars kruie Sit dadelik voor |
||
LAMSBOUD MET GROENVYE EN ROOIWYN1
lamsboud, ongeveer 1,5 kg
Voorverhit die oond tot 160 grade. Maak klein insnydings in die boud en stop
die knoffel en die vye daarin. Los die vleisaftreksel blokkie op in die
kookwater en voeg die rooiwyn en die roosmaryn by. Gooi dit oor die boud en
geur die boud met sout en peper. Bak die boud vir ongeveer 1 uur 45 minute.
Laat die vleis rus vir 10 minute. |
||
GEVULDE LAMSBOUD30
ml olyfolie Voorverhit die oond tot 160 grade. Verhit die olie en braai die spek oor medium hitte vir 2 minute lank, voeg dan die ui, seldery en knoffel by. Braai vir n verdere 2 minute en voeg die spinasie by. Plaas die deksel op en verwyder van die hitte. Laat die stoom vir 5 minute sonder om die deksel te verwyder. Druk die vleis uit die wors. Week die brood in water en druk die oortollige water uit. Voeg die brood, kruie en suurlemoenskil by die wors. Geur dit goed met sout en peper. Sodra die spinasiemengsel n bietjie afgekoel het, roer dit by die wors mengsel en meng dit deeglik. Rol die boud oop en slaan dit sodat die boud ongeveer dieselfde dikte is regdeur. Smeer die vulsel eweredig oor die boud, rol dit op en bind dit vas met kombuistou. Plaas die boud, met die naat na onder op n oondrak in n oondbak en bak dit vir ongeveer 2 ure lank. Laat die boud rus vir ongeveer 15 minute voordat dit gesny word. |
||
TONG IN APPELKOOSSOUS2
sout beestonge |
||
|
KWARTELS IN DEEGKOMBERS 4 snye witbrood 75ml witwyn 1 knoffelhuisie, gekneus 4 repies swartwoud ham, fyngesny gerasperde skil van 'n halwe suurlemoen sout enpeper na smaak 25ml fyngekapte vars kruie (verskillende soorte) 4 kwartels of piepkuikens 40ml botter DEEGKOMBERS: 1kg koekmeelblom ongeveer 400ml water Voorverhit die oond tot 180C. Sny die korsies van die brood af en breek die brood in stukkies, plaas in 'n mengbak. Verhit die wyn en knoffel tot kookpunt en giet oor die brood. Meng deeglik en verkoel. Voeg die kruie, suurlemoenskil, swartwoudham, sout en peper by. Geur die holtes van die kwartels met sout en peper en skep die vulsel in die holtes. Braai die kwartels in botter tot bruin reg-om en halfgaar. Laat afkoel. DEEGKOMBERS: Meng die water bietjies-bietjies by die meel tot 'n elastiese deeg. Die deeg moet nie taai wees nie. Knie goed en druk in 'n plat sirkel op die werkoppervlak. Pak die deeg om elke kwartel, maak seker dit is goed bedek. Maak 2 ventilasiegaatjies aan die agterkant. Bak vir sowat 35 minute. Kap die deeg stukkend net voor opdiening en skep die kwartels uit. ( Die deeg word nie geëet nie) |
||
| EEND
MET LEMOEN 2 kg jong eend paprika sout en peper na smaak SOUS: 6 lemoene 1 suurlemoen 200ml droë witwyn 30ml bruinsuiker 1 hoenderekstrakblokkie 50ml tamatiesous 10ml mielieblom gemeng met 'n bietjie water Sny alle sigbare vet van vleis af. Geur met paprika, sout en peper. Braai vir sowat 90 minute by 180C. Bestryk gereeld tydens braaityd. Sny die skil van 2 lemoene in baie dun repies. Skil ook alle witskil af en sny huisies tussen vliesies uit. Plaas huisies eenkant. Druk sap uit orige lemoene en suurlemoen. Maak 'n sous deur skil, lemoen-en suurlemoensap, wyn, suiker, hoenderekstrak blokkie en tamatiesous in 'n kastrol te plaas en vir 10 minute te laat prut. Verdik met mielieblom. Voeg lemoenhuisies by en verhit. Verwyder die vel van die eend voor bediening en skep die sous bo-oor. |
||
|
GEROOSTERDE PIEPKUIKENS 2 piepkuikens, deur bors en ruggraat gehalveer SOUS: 30ml tamatiesous 30ml vrugte blatjang 20ml aangemaakte mosterd 10ml worcestersous 5ml sojasous Voorverhit die oond tot 200C. Verwyder die been van die ruggraat en sny 2-3 diagonale kepe in die borsgedeelte van die kuikens. Meng sousbestanddele saam en verf oor die hoenderhelftes. Plaas op die oondroosterrak. Rooster vir sowat 20-25 minute terwyl gereeld met sous bedruip word. Lewer 4 porsies. |
||
|
LEKKER HOENDER 2 hoenders MARINADE: 175ml sonneblomolie 125ml blatjang 125ml HP sous 125ml tamatiesous 125ml tamatiesous 125ml Worcestersous 50ml Aromat 25ml knoffelsout 20ml braaivleisspeserye 20ml borrie 5ml piri-piripoeier 5ml gemengde kruie 1 knoffelhuisie (geskil en gekneus) Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water. Droog die porsies af met kombuispapier. Meng die bestanddele vir die marinade. Gebruik 'n bak met 'n deksel wat goed kan verseël. Pak die hoenderstukke daarin en bedek elke laag met marinade. Sit die deksel op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur marineer. Draai dit twee keer in die tyd om. Plaas die porsies met die marinade in 'n enkele laag in 'n groot oondpan. Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100C, maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te bruin word |
||
|
KERSHAM Kersham word uit die agterboud of skouer van die vark gesny en dan gepekel en gerook. Die ham kan gekook, gebak of oor die kole gaargemaak word. GEKOOK: Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute per 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans. (Sien beskrywing) IN DIE OOND: Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g. Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word. HOE OM TE VERGLANS: Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis en bak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin. |
||
|
VARKBOUD MET APPELS 2-2.3kg varkboud, ontbeen 1 knoffelhuisie, in skywe gesny vars gekapte salie sout 2 rooi appels 30ml botter 30ml suiker 15ml koekmeelblom 300ml droë appelwyn (cider) Voorverhit die oond tot 220C. Bind vleis in 'n rol en sny kepies in vel. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis. |
||
|
LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE 1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125ml karringmelk 10ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper Bedruipsous: 100g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk 2,5ml suiker sap van ½ suurlemoen Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit 'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ - 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai 'n verdere 15 minute lank tot mooi bruin. |
||
| OUMA
GERRY SE SKAAPBOUD 2½ - 3kg ontbeende skaapboud sout en peper na smaak braaivleis spesery (opsioneel) fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn) ½ tot 1 koppie room Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor. |
||
|
HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD 1.5kg varkboud 60ml rosyne 30ml roosmarynblare vars gemaalde swartpeper na smaak 125ml heuning sout na smaak 410g(1 blik) heel tamaties 180ml appelwyn of ligte witwyn Verwyder die vel van die boud. Maak met 'n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk 'n paar rosyne en 'n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud toe in foelie en plaas op 'n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in 'n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis. Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous. |
||
|
BEESVLEIS BRAAISTUK 30ml olie 1.5kg beesbraaistuk bv binneboud 2 uie, gekerf 4 koppies biefaftreksel 10ml worcestersous 5ml suiker 2-3ml swartpeper 15ml margarien 2 wortels geskraap, in dik snye 65ml meelblom 45ml tamatiepuree 3ml gemengde kruie 2-3ml sout Verhit die olie en margarien en braai die beesvleis tot bruin. Verwyder uit die pan. Plaas die wortels en die uie in die pan, verbruin en verwyder. Voeg meelblom by en braai tot bruin. Voeg bietjie meer olie by, as dit nodig is. Voeg aftreksel by en laat kook. Roer puree, worcestersous, gemengde kruie, suiker, sout en peper in. Sit vleis terug in pan. Verminder die hitte, sit deksel op en laat prut vir 1½ uur. Voeg weer die groente by en laat weer prut vir ongeveer 30 minute. |
||
| OUMA
NANNA SE BEESVLEISPOTBRAAD: 50ml olie 1.3kg binneboudof dikrib, in een stuk. GEURIGE SOUS: 300ml tamatiesous 300ml water 50ml suurlemoensap 15ml aangemaakte mosterd 'n paar druppels tabascosous 75ml vrugte blatjang 13ml worcestersous 40ml heuning 3 lourierblare 7ml sout 40ml koekmeelblom 50ml pietersielie, fyn gekap Verhit die olie oor hoë hitte in 'n kastrol. Braai die vleis alkante bruin, skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol. Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe die koekmeelblom en pietersielie in 'n kastrol. Klits goed met 'n draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit weer opkook, plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die vleis uit die sous en sny dit met 'n lang, skerp mes in skywe. Rangskik die skywe in 'n verhitte , vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met 'n klein bietjie koue water aan in 'n bakkie. Voeg dit by die sous in die kastrol. Roer dit met 'n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die sous oor die vleis en garneer met pietersielie. Lewer 4-6 porsies. |
||
| OUMA
CORRIE SE SKAAPBOUD 500ml water 1 vleisekstrakblokkie 5ml uievlokkies of 1 ui gekap 10ml sout 7,5ml mosterdpoeier 10ml suiker 5ml swartpeper 7,5ml fyn gemmer 2 knoffelhuisies 2kg skaapboud 25ml meelblom 25ml olie 50ml tamatiesous 25ml worcestersous 25ml blatjang 37,5ml botter of margarien, gesmelt 10ml suiker 5ml asyn 1ml Tabascosous 10ml mielieblom Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur 'n sif te gooi. Ook 'n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die beeî in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan en plaas die vleis op 'n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis 'n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,. Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met 'n bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis. |
||
|
APPELKOOS GEGEURDE VARKNEK 1 heel varknek, van ongeveer 750g botter en olie vars gemaalde swartpeper, paprika en sout 1 klein ui, fyn gekap 2 knoffelhuisies, fyngemaak 375ml hoenderaftreksel 410g appelkoosheltes, gedreineer, behou die sap 3 heel naeltjies 30ml korrel of Dijonmosterd 1 kaneelstokkie 125ml room Geur varknek met peper en paprika. Verhit botter en olie en braai vleis weerskante goudbruin. Verwyder vleis en geur met sout. Laat vleis eenkant. Gooi uie en knoffel in die kastrol en verbruin liggies. Gebruik 125ml van appelkoossap en voeg dit by aftreksel, mosterd, naeltjies en kaneel. Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die sous by, bedek en prut tot vleis sag is. Dit sal ongeveer 'n uur wees, na gelang van die dikte van die vleis. Verwyder vleis uit die kastrol en hou warm. Voeg room by en kook vinnig en onbedek tot sous verdik. Voeg appelkoosheltes by en maak deurwarm. Sny vleis in dik skywe en rangskik op dienbord. Giet warm sous oor en garneer met ekstra appelkooshelftes en vars kruie. Lewer 4-6 porsies. |
||
|
GEBRAAIDE SPEENVARK Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel van die speenvark. Plaas dit op 'n rooster in 'n oondpan en smeer die hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor. Gooi 500ml kookwater in die pan en bedek die varkie met vetgesmeerde papier. (Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank in 'n baie warm oond by 240C, verminder dan die hitte na 150C en laat dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is. Bereken die tyd teen 40 minute vir elke 500g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op 'n groot vleisskottel op met 'n rooi appeltjie in die mond en versier rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi appel. |
||
|
FEESTELIKE FILET MET PORT-EN-KAASBOTTER 6 beesfiletskywe, 25 mm dik sout en varsgemaalde swartpeper Port-en-kaasbotter: 150ml botter 250g gerasperde Cheddar-kaas 60 ml gekrummelde Blaauwkrantzkaas 30 ml port 30 ml fyngekapte vars pietersielie Room botter in voedselverwerker en voeg res van bestanddele geleidelik by. Skep botter op 'n stuk bladaluminium. Vorm in 'n rolletjie, draai toe en plaas in vrieskas. Rooster filet in 'n verhitte roosterpan na smaak: lig gaar 6-8 minute en medium gaar 8-10 minute. Sny botter in skyfies, plaas bo-op vleis en sit dadelik voor. |
||
|
VARKBOUD MET APPELS 2-2.3kg varkboud, ontbeen 1 knoffelhuisie, in skywe gesny vars gekapte salie sout 2 rooi appels 30ml botter 30ml suiker 15ml koekmeelblom 300ml droë appelwyn (cider) 1. Voorverhit die oond tot 220C. 2. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. 3. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. 4. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank. 5. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10 minute. 6. Ontkern die appels en sny in skywe. 7. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. 8. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. 9. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. 10. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis. |
||
|
LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE 1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125 ml karringmelk 10 ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper Bedruipsous: 100 g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk 2,5 ml suiker sap van ½ suurlemoen Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit 'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Plaas die vleis op die rooster oor matig-warm kole. Braai 15 minute lank tot mooi bruin. Draai om met 'n braaitang. |
||
|
VARKBOUD MET PERSKES 410g perskes in stroop 225ml warm water 5ml wonderpeper 2ml fyn kaneel 1ml fyn gemmer 50ml suurlemoensap 100ml sjerrie 2 kg varkboud 5ml sout 1ml vars gemaalde swartpeper 4 kruienaeltjies Voorverhit die oond tot 160C. Dreineer die perskehelftes en behou die stroop. Meng 225ml van die stroop met die warm water en voeg die wonderpeper, kaneel, gemmer, suurlemoensap en sjerrie by. Hou eenkant. Vryf die varkboud in met die sout en peper en steekdie kruienaeltjies in die vleis in. Plaas die varkboud op die roosterrakkie van die oondroosterpan en gooi die stroopmengsel bo-oor. Oondbraai dit op die oonrak net onder die middel van die oond en bedruip dit af en toe met die stroopmengsel. Laat 30 minute per 500g vleis toe, plus nog 30 minute. Die gaarmaaktyd vir ‘n varkboud van 2kg is dus 2½ uur. Skep die gaar varkboud uit op ‘n warm dienbord, bedek dit met tinfoelie en hou dit warm. Voeg die perskehelftes by die vloeistof in die pan en verhit dit 5-10 minute lank oor matige hitte. Rangskik die perskehelftes om die varkboud, bedek dit weer en hou dit warm. Voeg nog water by die vloeistof in die pan, indien nodig, sodat daar 100ml vloeistof in die pan is .Plaas die pan op ‘n stoofplaat en verhit die vloeistof oor matige hitte. Skraap alle aanpaksels van die kante en die boom van die pan los. Verhit die vloeistof tot kookpunt en gooi dit uit in ‘n souspotjie. |
||
|
HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD 1.5kg varkboud 60ml rosyne 30ml roosmarynblare vars gemaalde swartpeper na smaak 125ml heuning sout na smaak 410g(1 blik) heel tamaties 180ml appelwyn of ligte witwyn Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud tot in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis . Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous. |
||
|
NAGEMAAKTE WILDSBOUD 2kg skaapboud 250g varkspek 5ml kruienaeltjies 20ml koljander, gestamp 20ml bruinsuiker 20ml sout 2.5ml peper 1ml fyn neut 250ml asyn 125ml olie of vet 125ml soetwyn Vee die vleis met ‘n klam doek af en verwyder die voorbeen. Sny die spek in lang repies omtrent 6mm dik en 5-7mm lank. Meng al die ander bestanddele goed saam. Laat die spek in ‘n mengsel van kruie en asyn lê. Stop die boud daarmee deur diep snye met ‘n mes in die boud te maak. Sit die vleis in ‘n diep skottel en gooi die orige asynmengsel daaroor. Laat dit 2-3 dae lank in die mengsel lê en draai eenmaal om. Haal die boud uit die asynmengsel, droog dit effens af en braai dit vinnig bruin in die olie of vet wat intussen warm gemaak is in ‘n groot genoeg kastrol. Moet nie die deksel opsit nie. Verminder die hitte en laat dit stadig stoom – ongeveer 2-3 uur. Voeg telkens ‘n bietjies water by wanneer dit begin braai. Draai die vleis eenmaal om terwyl dit stoom en laat dit teen die end van die gaarmaakproses bruin braai. Voeg die soetwyn by 30 minute voordat dit klaar gebraai het. Sorg dat daar nog ‘n bietjie vloeistof in die braaipot is, wanneer die wyn bygevoeg word anders sal die sous bitter smaak. |
||
|
SKAAPBOUD TREFFER 1 skaapboud (ongeveer 1,6kg) 5 knoffelhuisies (in repe gesny) 12,5ml droë tiemie 500ml karringmelk 12,5ml mielieblom (aangemaak met 1 eier (geklits) bietjie water) sout en varsgemaalde swartpeper Steek gaatjies met 'n skerppuntmes in die boud en druk 'n knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en peper in 'n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel. Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan. Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout en swartpeper en plaas bo-op 'n draadrakkie in 'n groot oondbak. Bak 25 minute lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op |
||
|
GRIEKSE LAMSBOUD MET JOGURTSOUS 1.5 kg lamsboud 3 knoffelhuisies, gekerf 50ml botter 5ml roosmaryn 3ml tiemie 12.5ml suurlemoensap sout en peper na smaak SOUS: 250ml jogurt 2 knoffelhuisies, gekneus 10ml vars kruisement, gekap 10ml sprietui, gekap Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel. Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na smaak. Sit voor saam met vleis. |
||
|
SMULLEKKER SKAAPBOUD 500ml water 1 vleisekstrakblokkie 5ml uievlokkies of 1 ui gekap 10ml sout 7,5ml mosterdpoeier 0ml suiker 5ml swartpeper 7,5ml fyn gemmer 2 knoffelhuisies 2kg skaapboud 25ml meelblom 25ml olie 50ml tamatiesous 25ml worcestersous 25ml blatjang 37,5ml botter of margarien, gesmelt 10ml suiker 5ml asyn 1ml Tabascosous 10ml mielieblom Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur ‘n sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die been in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,. Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis. |
||
|
ROOSMARYN LAMSBOUD 1 lamsboud, sowat 2kg 10ml gedroogde roosmaryn sout en varsgemaalde swartpeper 45ml appeljellie 15ml suurlemoensap Vee vleis af en plaas op 'n oondrakkie in 'n oondroosterpan met vetkant na bo. Meng die roosmaryn met sout en peper na smaak. Plaas appeljellie en suurlemoensap in 'n kastrolletjie, verhit tot gesmelt en roer tot glad. Verf die vleis oral goed hiermee. Druk die kruiemengsel vas op die vleis. Rooster vleis sowat 1 uur 45 minute of tot verlangde graad van gaarheid. Die orige gesmelte appeljellie kan in die helfte van die gaarmaaktyd versigtig opgeverf word. Laat die vleis 20 minute staan voordat dit gesny word. Verwyder vleis uit bakskottel. |
||