| Anka
Grobler
Ontbyt 1: Engelse ontbyt (roereiers en spek/worsies)
Eie keuse van spek en/of dun worsies (2 kg spek of worsies vir 20 mense.
Indien albei: 1.5 kg van elk vir 20 mense). Braai in skottelskaar, skep uit
en gebruik vetterige skottelskaar vir roereier.
Roosterbrood of vars brood - 2 snye per persoon.
30 eiers
1 liter melk
5 teeleps mostertpoeier
sout & peper
Meng alles saam vir roereier en roerbraai laaste in skottelskaar, bedien
dadelik.
Ontbyt 2: Ham, kaas en tamatieroosterbroodjies
Maak hierdie vir die dae as julle haastig is en min skottelgoed wil hκ. Geen
panne, messe of vurke.
2-4 snye gesmeerde brood per persoon
Tamatie, dun skyfies
Ham skyfies, vars of geblik
Kaas, in skywe gesny
Uie, dun skyfies (opsioneel)
Maak toebroodjies en rooster.
Ontbyt 3: Maalvleis en pap (Cowboy-ontbyt)
4kg maalvleis
4 gekapte uie
3 blikke 410g tamatie-en-uiesmoor
3 blikke 410g gebakte boontjies in tamatiesous (opsioneel, anders 4
blikkies tamatiesmoor)
Kruie, speserye, sout, peper
Mieliemeel
Water
Sout
Vir slap pap: kook water in pot. Maak meel en sout aan met koue water tot
pasta. Voeg versigtig by kookwater en roer deurentyd. Bedek en laat prut
stadig vir 30 minute.
Braai uie in pot, verwyder en hou eenkant. Braai maalveis tot goudbruin.
Voeg uie, tamatiesmoor, kruie en speserye by en laat kook vir 30 minute.
Ontbyt 4: Sunrise Surprise
Enkelporsie per persoon:
20 eiers
20 snye brood
20 snytjies ham of gaar repies spek (geblikte ham kan ook gebruik word)
20 snytjies tamatie (opsioneel)
20 snytjies kaas
Dubbelporsie per persoon:
40 eiers
40 snye brood
40 snytjies ham of gaar repies spek
40 snytjies tamatie (opsioneel)
40 snytjies kaas
Druk holte uit elke sny brood met omgekeerde koppie. Braai een kant op
gesmeerde skottelskaar. Keer om en hou in skottelskaar. Breek eier oop in
holte. Bedek skottelskaar met foelie sodat eier kan gaar stoom. Draai om en
bedek met ham/tamatie/kaas. Gereed sodra kaas begin smelt.
Ontbyt 5: French Toast
20 eiers
1 liter melk (verdun na goeddunke)
sout & peper
40 snye brood
Klits eier, melk en geur. Doop brood vinnig daarin en bak weerskante op
skottelskaar. Bedien met die volgende: gerasperde kaas, konfyt/ stroop/
kaneelsuiker/ Bovril.
Ontbyt 6: Boerbrakke
4 kg Boerewors
20 - 40 'Hot dog buns'
Blatjang, tamatiesous
Braai wors op skottelskaar en bedien met blatjang en tamatiesous op
broodrolletjies. (Die broodrolletjies kan gevries word tot dit gebruik word
- dit ontdooi binne 'n halfuur.)
Ontbyt 7: Vetkoek en kerriemaalvleis
4 kg brooddeeg, of maak jou eie:
20 koppies meel
500g - 750g botter / margarien
20 eetlepels suiker
10 eiers
5 teelepels koeksoda
sout
suur- of varsmelk om mee te meng
Meng droλ bestandele, behalwe koeksoda. Frummel botter daarin. Meng koeksoda
met bietjie melk tot pasta. Klits eiers en voeg koeksodamengsel daarby.
Knie goed deur, rol uit en sny in vierkante of sirkels en bak in diep olie.
3kg maalvleis
3 gekapte uie
3 blikke 410g tamatie-en-uiesmoor
3 blikke 410g gemengde groente
kruie, sout, peper
Kerrie na smaak
Braai ui, skep uit. Braai maalvleis tot gaar en voeg res van bestandele en
gaar ui by. Bedien saam met vetkoek. Hou ook die stroop/konfyt en kaas
byderhand vir die laaste vetkoek om die ete mee af te sluit.
Liza van der Merwe
Ek stuur graag n 2 beproefde kamp ontbytresepte wat beproef en heerllik
is. Hoop julle kan dit gebruik.
Sampioen-Ontbytbakkie
Benodigdhede :
GROOT bruin sampioene
Klein eiers
Repies spek rek dit so lank as jy kan sonder om dit te breek
Speserye na smaak
Metode
Neem groot bruin sampioene breek stingels af ( pasop dat jy nie n gat
regdeur maak nie)
Neem 4 repies spek en maak n kruisvorm.
Sit nou sampioen in die middel van die spek
Neem n eier en gooi stadig in sampioenholte.
Gooi speserye na smaak op
Vou nou die sampioen en eier toe met die spek.
Braai in n pan tot gaar.
Jakes Jacobs
Ontbytpizza
Spek
Sampioene
Ontbytwors
12 Eiers
Kaas
Braai die spek, sampioene en ontbytwors in n Teflon- pan van ongeveer 43
cm in deursnee.
As alles gaar is maar dit gelyk in die pan.
Gooi nou die 12 geklitste eiers eweredig in die pan. Maak gaar oor lae hitte.
Wanneer die eiers amper gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor en los tot die
kaas gesmelt is.
Sny in pizzaskywe en bedien.
(By
hierdie pizza kan byna enigiets bygevoeg word na smaak)
Ziploc Omelette
Kraak eiers (groot of extra groot) in 'n kwartgrootte Ziploc-sakkie (nie
meer as 2 nie) - Skud dit goed
Sit 'n verskeidenheid van goed by (Kaas, ham, uie, groen rissies, tamatie
ens)
Skud sakkie goed.
Maak seker jy druk al die lug uit die sakkie uit end maak hom toe (zip dit)
Sit die sakkie in 'n pot kookwater, kook vir 13 minute (kan gewoonlik so 6
sakkies in een pot kook.
Maak die sakkie oop en die Omelet sal sommer uit rol.
Jy kan selfs die vorige aand als in die sakkie meng.
Sarie van Rensburg
Maklike "Skottelskaar"-Eiers
Bestanddele:
Ongesmeerde gesnyde witbrood (redelike dik snye)
1 eier vir elke snytjie brood
Sout en peper na smaak
Metode:
1. Smeer skottelskaar of ander braaipan of soliede braaiplaat met vet of
spuit 'Spray-n-Cook'. Sit op kole.
2. Neem witbrood (bv 2 snye) per persoon. Druk met 'n bierglas (of groot
ronde koekiedrukker) gate in middel van elke sny.
3. Smeer ronde dele en snye-met-gate margarien. Sprinkel ronde dele met
knoffelsout en braai tot goudbruin op braaiplaat.
4. Plaas snye-met-gate op warm braaiplaat en breek 'n eier binne-in elke
gat. Geur met sout-en-peper. Maak eier gaar volgens smaak en/of keer om
indien verkies.
5. Heerlik saam met worsies of ham. Oorskiet tamatie-en-uiesmoor kan oor
knoffel-sirkels gesmeer word.
|