Nommer 102

Besoek my Webwerf

4 Desember 2006

 
 

Eg Afrikaans

Die Knoop

Ons Dorp

Woes

Vuurvlieg

 
 

Argiewe

Resepte

Reisigersforum

GPS

 
 
 
 

Epos

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Weereens het ek artikels deur Estelle de Bruyn en Annelie Botes, ek is seker julle sal dit geniet!

Hoe lyk dit, is julle Krismiskoeke en poedings al klaar gebak? Indien nie, gaan kyk hieronder by die resepte en probeer gerus van hulle. Wie steek nog tiekies in hulle Kerspoeding weg? Weet iemand dalk waar die gebruik sy ontstaan het? Laat my weet en ek stuur 'n paar tiekies aan een van julle wat antwoord. 

Ek dink ek gaan ook nou uitspan, so hierdie sal die laaste Patriot vir 2006 wees. Ons gaan vir so 'n week oor Kersfees Kruger Willetuin toe, gaan daar dalk van julle ook daar wees? Laat my weet, dalk loop ons mekaar daar raak. Ons is daar van die 23ste tot die 27ste.

Ek wil julle almal net 'n gesende Feesseisoen toewens, en as julle op die pad gaan wees, ry asseblief versigtig!

Ek is vroeg in 2007 weer hier!

Geskenke?

Die tyd van die jaar krap mens gewoonlik kop oor wat om vir wie vir Kersfees te koop. Wat van 'n interessante eBoek of CD? Ek het nogal 'n verskeindenheid, klik gerus hier om te gaan kyk. My nuutste poging is 'n Engelse een, The FunkyMunky Christmas CD met 'n hele paar Kersresepteboeke en ook tradisionele Kersverhale.

Boeredans

Boeredans Kamp 12 14 Januarie2007
Voortrekker Monument
Pretoria

R130 per persoon.
Is jy in Graad 5, 6, 7 of 8?? Kom beleef en geniet die Afrikaner kultuur. Kom dans saam!!!!
Kom geniet n naweek vol pret en plesier!
Inskrywingsvorms en verdere inligting: Hannetjie du Toit(admin) 084 652 80618061
Besef jy dat JY ons Afrikaner se danskultuurskat sal kan uitdra en laat voortbestaan!!!

Estelle de Bruyn

Kom ons skop oudergewoonte af met Estelle se bydrae. Sy is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibi. Kontak haar gerus, sy hoor graag van julle.

RENVALSYFERS

TOE ek my o uitvee, is die renseisoen verby. Ek kan dit amper nie glo nie.
Net nou die dag, so voel dit altans, het ons nog daagliks bladsye vol renfoto's gepubliseer waaroor ons ge-oe en ge-aah het; elke dag die renmeter in verwondering uitgegooi en op die oggendvergadering aantekeninge vergelyk oor hoeveel dit in Suiderhof en hoeveel dit in Klein Windhoek geren het.
Saans as n mens in die bed klim kon jy na droomland wegdryf met die klanke van water wat by die geute uitbulder en die lieflike lied van ren op die sinkdak in jou ore. Soggens as jy uitstap op die klam stoep en die mis hang swaar oor die Auasberge, weet jy sommer, nog n lekker nat dag l voor.
Toe ons destyds Elsab se spesiale goedjies in kartonbokse gepak het vir die trek Kanada toe, was een van die goed wat in haar boks moes in, die lys met renvalsyfers vir Windhoek van 1933 af. Hoe verduidelik n mens vir enige iemand wat in Europa of aan die ooskus van Amerika bly ons beheptheid met ren en water?
Hoe verduidelik jy van kinders wat rondomtalie op die grasperk as dit ren en daarop aandring om met die bakkie deur Windhoek se riviertjies te gaan ry sodat die water dakhoog oor die bakkie kan spat? Die reuk van kaneel-suiker pannekoeke in die kombuis as die hemel grou is?
Net nou die dag snuffel Elsab daar aan die oorkant van die Atlantiese Oseaan deur haar boks met spesiale goed en kom op die renvalsyferlys af en skryf dadelik n e-pos:
"Hoe verduidelik n mens die feit dat as al die mense waar ons ook gaan op aarde, beskutting soek as dit ren, die Namibiese kinders dit nie doen nie? An s, sy het geen nut vir n sambreel in Londen nie, dis lekker om nat te ren en die water te voel, en mens word mos gou droog. Mila het toe sy in Europa was en hul sambrele nie opgewasse was teen die wind nie en omdop, die sambrele in die asblik gegooi en ges, ons het probeer, maar nou dans ons in die ren.
"Ek kan na 3 jaar in Kanada met oor die 100 duisend mere en genoeg water, nie die kraan laat loop as ek tande borsel nie."
Met Elsab se renvalsyferlysie hier voor my sit ek vanoggend en speel te lekker vir woorde. So met die eerste oogopslag lyk dit of 1963 met 758 mm; 1934 met 741,8 mm; 1954 met 673,5 mm en 1974 met 621,8 die beste renjare was. Daarenteen was 1981 met n skrale 124,3 mm; 1933 met 133,6 mm; 1982 met 183,6 mm en 1995 met 190 mm die droogste.
En om te dink, ons is nou maar in (Mei/Junie) en ons het vanjaar al 631,2 mm in Windhoek gehad. Die laatjaar renseisoen l nog voor en as die wolke saamspeel jaag ons die 1934 en 1974 rekords.
So met die gesels vertel ons vir mekaar hoe bevoorreg ons is om so n uitmuntende renjaar te beleef en dat in die menseheugenis wat nog vir ons voorl, ons waarskynlik nooit weer so n jaar gaan beleef nie. Dis di die ren CD's en DVD soos soetkoek verkoop. Ons wil hierdie jaar vasl en daaraan vashou soos n kleinnood en ons eie kartonbokse vir spesiale goed bre.
Dan is daar ander wat meer optimisties is en beduie na globale klimaatveranderinge en dat hierdie jaar net die voorspel tot nog vele sulkes gaan wees.

Rus

RUS......

Ek stuur hierdie aan julle want dit het beslis vir my gewerk en ek dink ons almal het 'n bietjie vrede van binne nodig.

Ek het die eenvoudige advies van wat ek gelees het in 'n artikel gevolg.

Die artikel stel dit so: "Om totale vrede van binne te ervaar moet, jy alles wat jy begin het klaar maak."

Ek kyk toe rond in die huis om te sien wat ek begin het en nie klaar gemaak het nie.

En voor ek toe vanoggend die huis verlaat het het ek 'n bottel rooiwyn, 'n bottel witwyn, Baileys, drie Bacardi Breezers, Jack Daniels,so vier Prozac's, 'n paar Valiums, twee snye kaaskoek en 'n boks sjokolade klaar gemaak.

Jy het geen *%$# idee hoe goed ek voel nie!!!

GPS

Ek het my GPS opgradeer en wil nou my Garmin Etrex Venture verkwansel, laat my weet as iemand sou belangstel, die GPS sluit suigklamp vir voorruit asook sigaretaansteker kragkabel in. Ek sal tevrede wees met so R800, dit is so goed as nuut.

Is iemand dalk met Geocaching betrokke? Dit is waar mens GPS kordinate het en dan 'n skat (cache) moet opspoor. Lees alles hieroor by www.geocaching.com

Juweeltjie

Hier is een van daardie juweeltjies wat op die internet rondswerf.....geniet dit:

MY STOMPIES IS LANK IN DIE HEMEL
n Ware verhaal deur n pastoor vertel.

Elkeen het nou n plek party sit voor, die ander agter en daar is selfs twee wat n plekkie op die vloer het. Uiteindelik is almal uit die bus sodat ek die register kan lees om te sien of almal daar is.
Daar kom Wynand, hys alweer laat! : s een. Ek sien egter dat daar nog 10 minute voor vertrektyd is.
Nou het julle 5 minute om toilet toe te gaan en almal moet gaan!! Vir almal is dit n groot grap, maar om n toilet tussen niks en nerns in die Noord-Kaap te kry, is nie n grap nie. Dan is dit 9-uur en vertrektyd!!!
Almal vat hande en die Liewe Vader se beskerming en sen word gevra. Net n minuut word toegelaat om te groet. n Minuut is egter te lank vir die kinders mammas en pappas staan verstom-verslae om geen traan of hartseer by die kinders te sien nie, maar eerder n oorhaastigheid om weg te kom. Dan is ons oppad .. en van die ouers is saam met ons oppad, tot sover as 30 kilometer vanaf Kimberley!!!
Selfs die kinders kan dit nie glo nie.
Dit is net na twee in die oggend en nog steeds, het Klaasvakie nie die toergroep oppad, na die Burgerstrandhuis, in Kaapstad besoek nie. Die opgewondheid in die bus is groot so groot dat een nie eers agterkom hy het sy donkerbrille op nie. Van hierdie graad 7-klas is daar leerlinge wat vir die eerste maal die see gaan sien. Dan sien ek Deonette in die paadjie, tussen die banke, aangeseil kom op haar boudjies. Weens n seldsame siekte op die ouderdom van ongeveer 3 jaar, is beide haar beentjies onder haar knie geamputeer en aan beide hande is drie vingertjies ook geamputeer. As gevolg van hierdie toestand (liggaamlike gebrek) is sy deur haar ouers verwerp en in n tehuis geplaas. Dan is sy langs my met n kussing in haar mond. Kan ek maar by Mnr. sit? wil sy weet. Ek is maar te dankbaar iemand om my wakker te hou. Ek gee vir haar my weermag jas om haar warm te hou. Sy voel in die sakke en haal my Gideons Bybeltjie uit dit gee my die geleentheid om te getuig hoe ek wedergebore is, en hoe Jesus die bybeltjie gebruik het. Sy is so aangeraak en ek nou helder wakker. Sy wil weet na wie ek luister op my walkman. Ek laat die bandjie terugloop en laat haar luister na Danie Botha se Honestly Jesus You can strip met to the Core. Skielik begin sy saggies te huil.
Mnr., Liewe Jesus het my klaar gestrip. Sy haal die jas van haar af en hou haar Stompies (geamputeerde beentjies) styf vas met haar verwronge handjies. Ek kyk af na hierdie hartverskeurende werklikheid, begin saggies saam met haar huil en trek haar styf teen my vas met my linkerarm. Hardop begin ek met my Vader redeneer. Wat van haar sottekonsertdans, haar matriekafskeiddans, sy is binnekort n volwasse vrou? Sy sal mos ook graag binnekort vroulik wil aantrek of dalk n jean wil aanpas. Nou loop die trane sonder keer. Here Jesus, hoe kon dit gebeur, hoe kan dit wees, dat hierdie halwe mensie, ten spyte van verwerping en al haar gebreke nogtans so lekker uit haar maag lag em met haar maats kan skerts? Ek hoor dat sy sagter snik en voel hoe sy haar gesiggie teen my hemp afdroog. Dan weer half uitasem: Ek is klaar gestrip.
n Lang stilte volg. Ek gee vir haar toilet papier om haar neusie te blaas, tel haar op en laat haar op my linkerbeen sit. Ek kyk af en sien die twee rye trane op haar wangetjies. Ek begin bid en vra vir antwoorde, ook dat die Liewe Vader van hierdie twee rye trane renbo moet maak, haar trane sal opvang en kristalle daarvan maak.

Skielik kom die antwoorde duidelik:
Joh 13:7 [ dit wat nou met jou gebeur sal jy nie nou verstaan nie, maal wel later.]
Sag 2:8 [ jy is My oogappel]
Jes 43:1-5 [ jy is Myne, jy is kostelik in My o ] Ek begin deel met haar soos die Gees van God my lei met betrekking tot verheerlikte liggame in die Hemel.

En skielik kom die trane weer, maar trane van blydskap Mnr., my Stompies gaan lank wees in die Hemel. Nou het sy my om die nek en huil ons saam om dankie te s vir Jesus!! Sy neem die walkman plaas dit weer op haar ore en luister verder. Skielik kry haar Stompies lewe, dit wip op en af. Sy sing hardop saam die Here maak my voete soos die van n Ribbok Ek kyk af, en in die Gees sien ek n gesig wat ek nooit sal kan vergeet, of in detail kan beskryf of verduidelik nie daars voetjies aan die Stompies!!!

Deonette ons sien mekaar by Jesus!!!!!
Past. Leon Terblanche
 

 

Click Here Now!

Click Here Now!

 
 
  Annelie Botes  
     
  Baie dankie vir jou bydrae, Annelie, ek gaan ook van nou af met ander o na straatsmouse kyk!

TEETYD BY DIE STRAATMOUS

Op n Saterdag toe die rugbykoors knetter, stop ek by n sypaadjiesmous in Lorraine. Vir houtkoop. Want my ou gryskop het ges as die Bokke wen wil hy n grt vuur maak en n skaapribbetjie opfees. Ek is nie n rugbyvrou nie, maar dog toe n paar bondels hout sal my goedgesindheid wys. Reeds verkoop die smous sandsteenklippe en palmbome wat ek begeer. En die ou gryskop tel nooit sy kleingeldnote nie. As ek s ek het dit in die koffieblik in die koppiekas gesit, maak hy of hy my glo.
S soek ek vir my n palm en n sandsteenklip uit. Die seningrige smous met die eelthande laai dit saam met die rugbyhout in die kattebak, langs Pick n Pay se vleise en kaas en melktert. Gegru kyk ek na die twee eenlit-stompies waar sy middel- en wysvinger eens gesit het. Hy stof sy hande af en vat die R150.
Terwyl hy in die moonbag krap, sien ek hy bewe soos n fluitjiesriet. Tot sy vergeelde rugbybroekie se pyp bewe. Eers dog ek hy kry koud. Tog, dis n sonmilde dag. En hys definitief te jonk vir oumensbewerasie. Dalk is hy siek?
Ek vat die kleingeld en kyk in sy gesig. Loodgrys mane onder sy o, gegroefde mondlyne, hanespoortjies langs sy slape, leweloosheid in sy kykers. Dis soos vaskyk in n spiel van wanhoop en droefgeestigheid.
Jou vingers Ek hakkel ontstemd. Wat het gebeur?
Afgekap toe ek houtgemaak het duskant Groenbossies.
Synde n erg emosionele mens, ry ek weg met n pikswart holtetjie in my gewete. Die afvinger-smous het my gemoed kom omskommel. Wie is hy? Wt is hy? Hoekom maak hy hout by Groenbossies? Hoeveel kinders het hy? Is hy agterstallig met sy huisverband? Het hy polisse, of is almal afgekoop?
Die Bokke wen en my gryskop maak fluitend vuur. Die swart gewetensholtetjie vergroot toe die smoushout vlamvat. Toe ek die afgeete ribbebene bekyk, wonder ek wat die smous se kinders as aandkos kry. Ek onthou die bewende hand met die stompievingers en n huilte wil my oorkom as ek dink dit kon k gewees het wat noodgedwonge by Groenbossies moes gaan houtmaak.
Twee weke. Die swart holtetjie word l groter. Ek probeer my seninge tel, maar die stompievingers en hanespoortjies druk aanhoudend tussenin.
Totdat ek op n oggend besluit: ek mag nie langer hartseer tablos skep waar dit dalk glad nie bestaan nie. Ek maak n fles tee, vat twee bekers en sit af na die smous se staanplek. Parkeer; haal die teegoed uit en wag kruisbeen op die gras terwyl hy n bondeltjie hout aan iemand verkoop. Hy bre die silwergeld in sy moonbag en gaap my aan asof ek n ruimte-neerdaling is.
Ek het tee gebring, en ek skroef die fles oop, asof ek dit elke dag s op die sypaadjie doen. Want ek wil iets by jou kom hoor.
Ons praat. Ons drink tee. Ons praat nog baie. Oor afdankingspakkette en baljus en afgekoopte polisse en die honger hond wat op die oudagdrumpel l en hyg.
Dis swaar om getuie te wees van hoe n toegeskulpte mens oopbreek; nog swaarder om n uitgegroeide man te sien wurg-huil. En ng swaarder om te weet ek woon knus in my Victoriaanse huis met die uitstulpvenstertjies neffens die grasvelde van die perdryklub. Eet ribbetjies wanneer ek wil; koop palms en klippe; maak vuur met brandhout waarvoor iemand anders sy vingers duskant Groenbossies afgekap het.
Hierdie land en hierdie tye vra ho offers. Offers wat soms tot op die kaal been sny. Imand moet daardie offers altaar toe bring. Straatsmouse, eienaars van worsrol-stalletjies, grassnyerdienste, onervare sweisers, groot mans wat biljette uitdeel, motors oppas en koerante aflewer.
Tog, dalk is hierdie offermense beter daaraan toe as ons wat luilekker DSTV kyk en spyskaart-steaks eet. Want in die klim van hul opdraandes word hulle bene taaier. Oorleweningsfiks. Gedwonge broodlyners wat in die huidige lewe tot die droesem getoets word. Om dalk in n volgende lewe met groen weivelde gesen te word.
Van daardie teedrinkdag af is dit my beleid om straatsmouse as my meerderes te sien. En ltyd n 10% eerbied-fooitjie by die eindtotaal te voeg.  

Webwerf Soeklig

Met elke uitgawe fokus ek op 'n Afrikaanse webwerf.

hennievandeventer.com

As ek soek vir 'n webwerf om hier te plaas, gaan ek eenvoudig na Die Knoop toe, en daar, tussen die duisende Afrikaanse webwerwe sal ek vir seker een kry. Hier is nou 'n interessante webwerf oor 'n interessante gesin, gaan kyk gerus, klik net op die skakel hierbo!

Afrikaanse Lied

Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blrkas van Afrikaanse Volksmusiek

ALLERMOOISTE DING

Woorde: CHRIS LAMPRECHT
Musiek: Konsertina-settees; verwerk: CHRIS LAMPRECHT

In die middel van die winter is dit baie koud en nat,
in die somer val die ren dat die water spat,
in die middel van die herfs is die blare rooi,
maar die allermooiste ding is 'n lentenooi.
Voltjies sing, en die voltjies fluit,
nuwe, nuwe lewe in die lentetyd.
Voltjies sing, en die voltjies fluit,
nuwe, nuwe lewe in die lentetyd.

Konsertina-settees, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by oom Andries van Nieuwenhuizen van Lydenburg. Die teks en melodie uit "Dit kom van ver af" van Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria)
 
 
Agterpad Reisnotas - versamel deur Braham van Zyl

Ek luister mos een Saterdagoggend na Amor Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres onderaan die artikel) Hy stuur 'n 'n gereelde nubrief uit.

MIDDELPOS - Hantam, Noord-Kaap Provinsie
Middelpos is nou rrig tussen nrens en rends gele. Dis n dorp op n plaas. Die beste van als is dat die hele dorp aan een mens behoort.
Om daar te kom moet jy die R354 grondpad vat. Jy kan dit f vanaf Calvinia, f vanaf Sutherland nader. En as jy baie tyd en moed het, kan jy dit vanaf die Ceres-Karoo se kant oor die Ganagapas nader.
Die plaas Stinkkuil was een van die eerste plase wat in die Suidelike Roggeveld streek aan Europese setlaars uitgegee is. Lucas Visagie was die eienaar. In 1860 het Danil Tomlinson n deel van die plaas van een van Visagie se erfgename, Jan Nel gekoop. Hy het n handelspos daar gevestig en dit Middelpos genoem, want op 80 km was dit net mooi halfpad tussen Calvinia en Sutherland.
Die Sher familie het Middelpos van Tomlinson gekoop. Die handelspos het in hulle tyd geleidelik tot n klein dorpie ontwikkel wat die hele boerderygemaanskap in die veraf gele wyke van Ceres, Sutherland, Williston en Calvina bedien het.
Kobus van der Westhuizen is vandag die eienaar van hierdie dorpie. Sy skoonma, tannie Mattie Wright, is in beheer van die hotel met sy agt kamers. Sy s sy kook die heerlikste boerekos. Sy en haar man het Middelpos in 1980 gekoop. Hulle het voor dit die Golden Egg kitsrestaurant langs die N1 by Laingsburg gehad.
Volgens Tannie Mattie is Middelpos n lewendige dorpie. Daar is n skool, n polisiestasie, n tronk, die hotel, n winkel, n garage en ook n poskantoor.
Stedelinge kom selfs daarheen om konferensies te kom hou. Hulle gebruik die DKW saal daarvoor, synde n saal vir Dans, Kerk en Werk te wees. Dit lyk asof Middelpos net die plek is om ver weg te kom van die stadsgewoel, sonder om te afgesonder te voel.
n Websoektog op www.google.co.za toon dat daar ook sommer n hele aantal gasteblyplekke in daardie geweste is. Kontak Middelpos se mense by 027 341-2507.

Skryf vir Braham en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings direk van hom af! e-pos : info@explore-sa.com

Luister elke Saterdagoggend net na die agtuur nuus op die Afrikaanse radiodiens van RSG na Braham van Zyl en Amor Bekker se agterpad geselsies op die program Brkvis met Bekker. 

Glimlag!

Dis Kersoggend en die leraar is vroeg by die kerk om seker te maak dat alles reg is vir sy Kersdiens...helaas die krip is leeg! Hy vra rond tussen die mense wie die pop kon vat wat die Kind moes uitbeeld. Iemand s dat hulle Jannie die koster se seuntjie vroer om die hoek sien verdwyn het met iets in 'n kombersie toegedraai.

Hy stap oor die pad na die huis van die koster en klop aan. Die vader vertel hom toe dat Jannie en sy maats reeds vroeg weg is na die parkie waar hy met sy nuwe fiets gaan spog het.

Die leraar stap verder die straat af na die park. Van ver af sien hy reeds vir Jannie ry met die fiets en iets agter op die fiets vasgemaak in 'n babakombers.

Hy roep Jannie nader en sien dat dit wel die pop is wat die Kind in die krip moet uitbeeld en hy vra vir die seuntjie waarom hy die pop gevat het.

Die outjie s toe: "Oom dominee ek het gebid vir 'n nuwe fiets en het Jesus belowe dat as ek dit sou kry, hy die eerste 'ride' op my fiets sou kry... daarom moes ek Hom vanoggend gou 'leen' om my belofte na te kom"


Net vir julle Boere!

n Mens kry boere wat nie tipiese boere is nie. Veral jou tjekboek boere.
Dit is die dokters, prokureurs, eiendomsagente en 'n arsenaal onbeskaafde, ryk gomgatte wat hulle geld in die stad as "panelbieters" of aandelemakelaars gemaak het. Hulle is nie ware boere nie.

So 'n halfwas boer se grond is klaar betaal, sy krippe lek nie, sy lyndrade hou jou wragtig beeste binne en sy hekke hang nie. Sy 4x4 bakkie het 'n CD-speler, is altyd blink, het skoon nuwe bande en trek 'n nuwe Venter waentjie. Sy seuns neem dramalesse en weet absoluut niks van 'n kettie of dikmelk af nie.

Natuurlik onder die ware boere is daar juis die een wat ook probeer anders wees. Hy dra denim langbroeke en gholfkepse, hy borsel sy tande voor brekfis, gebruik sy eie handdoek en spuit goed onder sy arms.

Vir so boer moet jy versigtig wees...hy het waarskynlik nog nooit 'n Joseph-Rogers mes gesien nie. Hy drink Pinotage by ete, braai vis pleks van tjops en maak die kar se deur vir sy vrou oop. Hy is n "sissie".

'n Regte boer dra n hoed. Ou boere dra ou hoede met 'n wye rand wat na jare se sweet ruik. Nuwe boere dra 'n nuwe hoed wat heel onvanpas soos 'n vars miskoek op sy kop lyk. 'n Boer rook 'n kortsteelpyp wat hy met 'n hoenderveer skoonmaak. 'n Boer drink brandewyn met brakwater of Coke.
En hy drink hom sterk, 4 vingers sterk. Sonder ys.

'n Boer se vrou kan kassies tamaties pak, 'n koolstoof brandmaak, truie brei, pap wiele omruil, 'n rinkhals agter die yskas doodslaan, duwweltjies uit voete uithaal en babatjies vang.

'n Boer verneuk niemand nie, behalwe die keiser. 'n Boer betaal nie belasting nie, net BTW, wat hy terugeis. 'n Boer het 'n dubbelloop-haelgeweer, 'n ou Lee-Metford, 'n nuwe 30-06 en 'n .22 geweer.
Hulle l bo-op die hangkas, want hy het nie 'n geweerkluis nie. 'n Boer het ook nie 'n tyddeel nie, maar baie tyd. Hy slaap smiddags tussen 1 en 2.

'n Boer het net 1 pak klere wat hy kerk toe en troues toe aantrek. Die pak is te klein. Die boer gaan kerk toe maar stem nie saam met die sinode se besluite nie. 'n Boer praat nie Ingels nie, buiten 'n klompie in die kolonie en Natal. Maar hy kan 'n swart taal praat. Wanneer 'n werker die hek laat oopl en die beeste in die lande kom, praat hy verskeie tale gelyk. En innig.

'n Boer het deesdae 'n sakrekenaar, veral by die vendusie. Maar hy sukkel steeds om uit te werk hoeveel water sy boorgate het, veral as hy sy plaas wil verkoop aan iemand wat wil weet hoeveel water daar is sodat hy bankrotbossies, met 'n geleerde naam van tamaties, kan plant.

'n Boer glo nie in gesinsbeplanning nie. Min kinders los hy vir die Ingelse, vir mense wat nie n groot werf het nie en diegene wat vir hulle vleis moet betaal. 'n Boer se seuns kry 'n beurs vir die skoolkoshuis en speel rugby, nie krieket nie. Na skool gaan hulle universiteit toe.
Daarna kan hulle nooit weer boorgatpype trek nie en word vaal ouditeurtjies in gryspakke en blink leerskoene wat hulle pa wil leer boer as hulle vakansies met hulle sagte handjies kom kuier.

Niemand skiet deesdae meer verniet op n boer se plaas nie - net die bankbestuurder.

'n Boer weet meer van politiek, die ekonomie, die jongste kriekettelling in Indi, aandele pryse, vroue-operasies, die goudprys, stakings en koekresepte as enige iemand anders, want hy luister heeldag draadloos in die Isuzu.

'n Boer glo nie aan nuwe bande vir sy bakkie nie. Hulle moet glad wees anders ry hulle nie lekker in die sand nie.

'n Boer huil nie, behalwe as die eerste bulkalf van die seisoen aankom of sy dogter eerste op die skool sportbyeenkoms kom. Hy kry nie seer Nie en gebruik nie pleisters nie, maar hy dra sy hele lewe lank verbande, twee op elk van sy drie plase.

'n Boer skei nie, hy gaan net dood. Ryk boere gaan arm dood en arm boere gaan ryk dood. 'n Boer se testament lyk anders as ander mense s'n.
Sy vrou en dogters erf niks grond nie, sy oudste seun erf alles en verloor weer alles - omdat hy dinge op die plaas probeer doen wat sy pa altyd geweet het nooit sou werk nie.

'n Boer gaan dan hemel toe...

 
   
Laat jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery, klik net hier  Die boerpot is gereeld om en by  11 miljoen, ( R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!! Maar dis nog NIKS! Die Euromillions Lotto staan huidiglik op 181 miljoen Euro, dis om en by R1,719,500,000. Eishhhhhh. Vat 'n kans, wie weet???
     
  Die Danville Hulpgroep  
     
 

Ek is betrokke by hierdie inisiatief van Elsab, kyk tog asseblief of julle nie ook 'n bydrae kan maak nie, besoek ook hulle webwerf.

Goeiemre vriende,

Dit is FEESTYD!! heerlik, heerlik was die 2 Kersboomfunksies wat ons hierdie week al gehad het.

Ek deel gou in die vreugdes met julle en weereens baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het om 'n kinderhart so baie bly te maak!

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS 21 November 2006
Heel eerste wil ek vir Danie en Annatjie BAIE dankie s! Hulle was in beheer van al die relings en werk vir hierdie funksie!
Baie dankie julle twee vir al julle bystand en groot liefde vir die kinders. Julle ondersteuning vanaf die begin van die projek word opreg waardeer!

Was dit nou vir jou 'n fees! Vroegmiddag trek die wolke saam (net soos verlede jaar) en ek dink benoud dat ons weer lekker nat gaan ren - maar toe besef ek - "Die ren veral op hierdie dag is 'n blessing! Water gee lewe! en die kinderhuiskinders gaan 'n heerlike kersboom h! Toe ons arriveer hang daar 'n klomp dogters soos vinke uit hulle kamervensters en groet ons met volle oorgawe! So lekker om kinders te sien lag!

So 'n aptytwekkertjie voor die tyd vir 'n paar seuns is 'n "Blou bul bal geteken deur al die spelers" (Ek weet van 'n hele kolonie mans wat hulle voortande daarvoor sou gee! ) Geen groter vreugde - hulle straal en hou die balle so styf vas dat ek bang is dit sal afblaas! Dankie Bulle - julle bly tops vir ons!

Ds Jan Venter open met 'n getuienis van sy eie lewe as kind en die kinders hang aan sy lippe - die storie van sy lewe is hulle storie ook! Die boodskap is van "vorentoe kyk - wat in die verlede gebeur het is verby - wat in die toekoms gebeur is in jou hande!" en die kinders stem heelhartig saam!

Toe is dit geskenke tyd. Danie wat sy lyf kersvader hou - sweet lekker onder die rooipak. En toe hy sy verskynig maak roep een outjie "Hallo Oom Danie!" en net daar bars hy toe amper die kleintjies se "bubble". Gelukkig is die geskenke belangriker as die identifikasie en word hy uit volle bors verwelkom! Soos wat die name uitgelees word vat dit heeltemal te lank vir party van die kleiner outjies en hulle skuif al hoe meer vorentoe - sit toe al amper ook op kersfeesvader se skoot! Ons almal wag in spanning om die meisie wat nou al "4 jaar vir 'n cd walkmen vra" se gesig te sien wanneer sy haar pakkie oopmaak. Die groot wag is die moeite werd!
Ek glo nie sy het verwag om dit wel te kry nie! - Sy begin die papier so staaaadig oopmaak (seker ook maar bang vir 'n teleurstelling) en meteens gee sy 'n gilletjie "Dit is 'n cd walkmen" en jy sien net papiere waai! Ek het nog nooit 'n kind so gelukkig gesien nie!

Almal se wense het waar geword - tenminste een van die artikels waarvoor hulle gevra het is in die geskenkpakkie en vir party wat nie te duur geskenke gevra het nie is daar sommer iets van al drie die wense!

'n 11 jarige dogtertjie kom vra vir my 'n lappie of 'n sakdoek, ek dog dit is vir 'n ligte verkouetjie. Die volgende oomblik staan sy met 'n tand in haar hand!. "Hier is hy tannie ek het net gou my maatjie se tand getrek - sy wissel mos nou!" Nou ja - daar het jy dit . Hoop die tandemuis het sy ding kom doen. (sien haar foto binnekort op die webwerf www.danvillehulp.co.za)

Oral sien jy net hoe die kinders met hulle nuwe speelgoed speel - en daar kom so warm en dankbare gevoel in jou hart dat daar soveel wonderlike mense daarbuite is met soveel naasteliefde om vreugde en geluk in kinders se lewens te bring - weereens baie dankie.

Ons sluit die funksie af met 'n heerlike braai en lekker verversings! - so baie dat daar vir hulle oor is vir die volgende dag ook!

(Ek ry omtrent 8 uur daar weg reguit hospitaal toe - en kwart voor elf word ons kleindogter prematuur op 34 weke gebore 2.03kg!
2 uur die nag klim ons in die bed -dankbaar dat alles goed afgeloop het!)


RAINBOW KINDERBEDIENING
Baie DANKIE aan Alicia Keyser wat hierdie jaar weer kans gesien het om Kersfees vir ons kinders 'n fees te maak. Sy het eiehandig
370 geskenke ingesamel, in die mooiste papier toegedraai, en heerlike lekkergoedpakkies gemaak. Dankie Alicia - ons waardeer dit opreg!

Toe Alicia met 'n sleepwaentjie propvol geskenke opdaag en Vader Kersfees sy verskyning om die hoek maak was daar VREUGDE!!
Sy takbokke was al so moeg - die horings het gehang en daarom moes tannie Alicia maar inspring en help aanry! Gou-gou is almal in plek en word die gaste onthaal met 'n toneeltjie en die lieflikste kersliedere.

My gunsteling liedjie "Hoe groot is U" laat my keel weereens toetrek! Ek hoor "hoe groot is U" en voor my sien ek 'n see van minderbevoorregte kindertjies met groot afwagting op hulle gesiggies! En ek weet God se genade is so groot en HY is so getrou!
Deur SY werking kan ons vandag so 'n titseltjie vreugde in hierdie kinders se lewens bring.

Die spanning loop hoog - hulle is nie meer lus vir sing nie - nou moet die geskenke uitgedeel word - en Kersvader doen sy ding. Elkeen word op sy skoot getel - kry 'n lekker drukkie en 'n pragtige geskenk! Een klein seuntjie kry hom aan sy baard beet - en amper "ontmasker" hy vir Vader Kersfees! Die ogies blink en die bekkies lag groot oop - sommer so diep uit die keel wanneer die papiere afgeskeur word! Vir ander heel klein babatjies is hy 'n verskrikking en skreeu hulle blou-moord op sy skoot! Die geskenk is darem 'n troos van hierdie "vreemde verskynsel"

Terwyl Alicia die geskenkies vir Kersvader aangee sien ek hoe "sag" haar o word - en ek weet haar ure se harde werk - is met die grootste geskenk beloon! Wat is meer kosbaar as vreugde op 'n kindergesiggie?

Ons sluit die funksie af met Koeldrank, roomys en fris lekkergoedpakkies. Toe die outjies so by die hek uitstap weet ons "Vanaand is daar so baie gelukkige hartjies - en kan hulle met 'n glimlaggie en dalk geskenkie in die arm aan die slaap raak.

BAIE, BAIE dankie aan al ons ondersteuners - wens so julle kon almal by wees wanneer die geskenke uitgedeel word.
Peter gaan vandag begin om die foto's op die webwerf te laai www.danvillehulp.co.za hou die webwerf dop en geniet die foto's

Mooi dag

Elsabe
 

Bankbesonderhede:

Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
.
Kersresepte

Blitsvinnige Vrugtekoek

2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie

Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker voor bediening. 

Spesiale Kerskoek 

240 g Brasiliaanse neuter (375 ml)
100 g pekannneute (250 ml)
75 g amandels (125 ml)
225 g dadels (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glansvrugte (grof gekap, 125 ml)
120 g rooi en groen glanskersies 9200 ML)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout

3 ml bakpoeier
105 g strooisuiker (125 ml)
3 eiers
12.5 ml brandewyn 

Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif dro bestanddele daaroor. Voeg suiker by en meng goed. Voeg eiers en brandewyn by en meng weer goed. Skep mengsel in n gesmeerde eenbroodpan en bak in voorverhitte oond van 150C oneveer 2 uur 30 minute tot goudbruin en gaar. 

Ligte Vrugtekoek 

250 g botter (270 ml)
250 g strooisuiker (300 ml)
2 ml vanieljegeursel
knypie sout
12.5 ml rum
6 eiers
350 g koekmeelblom (730 ml)
5 ml bakpoeier
400 g sultanas (665 ml)
50 g gemaalde amandels (85 ml)
100 g versuikerde lemoenskil
100 g gepelde amandels (gehalveer, 65 ml) 

Voer n 230 mm ronde koekpan met vetpapier uit. Verhit oond tot 150C. Klits strooisuiker, botter, vanieljegeursel, sout en rum tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Indien mengsel skif, voeg 12.5 ml meelblom by. Sif meelblom en bakpoeier en meng. Voeg sultanas, gemaalde amandels en gekapte skil by. Vou meelblommengsel liggies in romerige mengsel in. Giet in voorbereide koekpan, rangskik amandels bo op en bak in voorverhitte oond vir 4 uur 30 minute. Toets met n vleispen of koek gaar is. Laat koek vir 15 minute in pan afkoel en keer dan uit. 

Brandewynkerskoek 

225 g koekmeelblom (465 ml)
knypie sout
3 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde neut
450 g sultanas (750 ml)
350 g rosyntjies (580 ml)
225 g glanskersies (375 ml)
100 g gepelde amandels (gesnipper, 165 ml)
60 g versuikerde skil
gerasperde skil van n halwe suurlemoen of lemoen
180 g botter (195 ml)
180 g donkerbruin suiker (225 ml)
4 eiers, geklits
25 ml brandewyn of sjerrie
50 ml brandewyn 

Sif koekmeelblom, sout en speserye goed saam en plaas eenkant. Plaas sultanas, rosyntjies, glanskersies, amandels, versuikerde en gerasperde skil in mengbak en meng liggies. Plaas eenkant.
Klop botter tot romerig, voeg suiker by en klop tot lig en goed gemeng. Voeg geklitste eiers bietjiesgewys by en klop goed na elke byvoeging. Voeg gesifte koekmeelblommengsel geleidelik by en meng. Voeg vrugtemengsel en brandewyn by en meng. Skep mengsel in voorbereide koekpan en bak in voorverhitte oond van 160C vir 2 uur. Verlaag temperatuur tot 150C en bak nog 1 uur. Haar uit oond, giet brandewyn oor en laat effens afkoel in pan voor dit uitgekeer word. 

Gestoomde Vrugtepoeding 

Vulsel:
37.5 ml gouestroop
500 g appels
250 g korente
40 g gemengde skil, gekap
8 ml gemengde spesery
50 ml sagte bruinsuiker 

Deeg:
360 g bruismeel (645 ml)
2 ml sout
150 g gesnipperde niervet
150 ml water
50 ml water (ekstra) 

Vulsel:
Smeer n stoompoedingvorm goed met botter en skep 12.5 ml gouestroop daarin. Plaas die res van die gouestroop in n mengbak. Skil, ontkern en kap appels en plaas saam met korente, gemengde skil, gemengde spesery en suiker  in mengbak met stroop. Meng goed. 

Deeg:
Sif bruismeel en sout saam in n mengbak en roer niervet daarby. Voeg net genoeg water by om n sagte deeg te verkry. Plaas deeg op n meelbestrooide oppervlak en knie liggies. Vorm n bol met deeg en verdeel dit in vier van klein tot groot.  Druk kleinste stukkie deeg plat sodat dit die bedem van die stoompot sal bedek en plaas dit op stroop in die vorm. Bedek deeg met n dik laag bereide vulsel.
Sprinkel hande met meel en druk tweede grootste stuk deeg plat. Plaas dit op vulsel in poedingvorm en bedek met vulsel. Hou so aan en eindig met deeg.
Bedek poedingvorm met n stuk aluminiumfoelie met n vou in die middel om ruimte te laat vir die poeding om te rys. Bind die aluminiumfoelie goed om die vorm vas en plaas vorm in n kastrol met genoeg kookwater daarin om die poedingvorm halfpad te bedek. Sit deksel op die kastrol en stoom poeding vir 3 uur lank. Vul kookwater nou en dan met nog kookwater aan.
Haar poedingvorm uit kastrol wanneer kooktyd verstryk het en maak poeding met n paletmes van vorm se wande los. Keer poeding op n dienbord uit.
Indien verkies, kan sowat 12.5 ml goue stroop oor warm poeding gegooi word. Dien op saam met vla of room 

Ryk, gekookte vrugtekoek 

1.2 kg gemengde drovrugte
25 ml gouestroop
40 ml brandewyn, sjerrie of rum
187 ml water
250 g botter (270 ml)
265 g bruinsuiker (330 ml)
5 eiers
300 g koekmeelblom (625 ml)
70 g bruismeel (125 ml)
2 ml sout
10 ml gemengde speserye
2 ml gemaalde kaneel
2 ml gemaalde neut 

Plaas gemengde vrugte, gouestroop, rum, sjerrie of brandewyn en water in n kastrol. Verhit tot kookpunt. Giet in n bak en laat oornag staan.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif dro bestanddele saam en sif dan oor kokende vrugtemengsel. Meng goed. Roer bottermengsel by.  Skep in gevoerde 230-mm ronde koekpan en ban in voorverhitte oond van 150C  vir 3 uur 45 minute. 

Kits vrugtekoek 

150 g botter
1 bottel drovrugtevulsel
150 g sagte bruin suiker (187.5 ml)
250 g bruismeel (450 ml)
2 groot eiers 

Smelt botter in kastrol en roer die res van die bestanddele daarby. Meng goed. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak in oond van 160C  vir 1 tot 1 uur of tot gaar.. Haar uit oond, laat effens afkoel en keer uit. Laat goed koud word en bewaar in lugdigte houer tot benodig.

Ou Boereraat

Flige gif: 1 ons peper, 1 ons quassia (by 'n Apotheek te kry), 2 ons suiker, maak in fyn poeier alles tesame en strooi.

Fer kakkerlak en krikkiis: 1 ons Borax, 1 ons kalk, 2 ons koorn meel, lb suiker, maak an en sit neer.

Fer weluise: Strooi di onderste matras met 'n lepel vol chloride of lime, maak di bed dadelik op.

Mire weg te maak: Gooi kalk in hulle nes en dan dadelik kokende water daarin of parafiin ingooi is oek goed. Gekookte tabakwater is ook goed.

Resepte uit Anna se Kombuis
Al Anna se resepte is in eBoek formaat en maak dus ideale geskenke en word sommer met epos gestuur. Vir meer besonderhede, klik hier

Die resep hieronder kom uit Anna se eBoek - 101 Poedingresepte vir Kersfees. Skaf dit gerus aan!

KOUE KERSFEESPOEDING

1 koppies fyn gerolde Marie beskuitjies
8 malvalekkers
koppie suiker
koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
teelepel fyn neut
250ml room
koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen

Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word. 

st se pitkos

st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Ek wil vandag vir jou n belangrike vraag vra.

As jy die antwoord weet of self ervaar het, stuur dit asseblief vir my aan.

Die vraag is hoekom gooi mense tou op wanneer iets nie na hul sin verloop nie? Of anders gestel, hoekom sien jy n teleurstelling as die einde van die pad? Ja, in uiterste gevalle self die einde van jou lewenspad die teleurstelling so groot, jy sien nie om langer te leef nie.

On almal ervaar een of ander tyd teleurstelling. Soms n teleurstelling in jouself en ander kere in mense van wie jy dit nie verwag nie.

Hoe gemaak met teleurstellings in jou lewe? Jou hart is flenters en jou siel is in stukkies geskeur. Sterk emosies spoel deur jou emosies soos woede, verwerping en jaloesie.

Dit is juis hierdie diep emosionele toestand van teleurstelling van jou oordeel aantas, maak dat wraakgedagtes jou oorheers en verhinder dat jy voluit lewe.

Hier is drie dinge wat jy doen om jou te help om teleurstelling te oorkom:

Kies n stil plek waar jy weg van alles kan sit of l. Maak jou o toe en raak heeltemal ontspanne. Konsentrasie op jou asemhaling, word rustig. Moenie op jou teleurstelling fokus nie, konsentreer op jou asemhaling. Kies n positiewe stelling en herhaal dit oor en oor.

Visualiseer - terwyl jy so ontspanne l - jy is op n rollercoaster (wipwaentjie) soms is dit rustig en ander kere spoed jy teen angswekkende spoed ondertoe; soms is jy gillende onderstebo. Sien hoe jy die wilde jaagtog beleef, al die draaie en kinkels tot die wipwaentjie veilig stop. Speel in jou gedagtes die wipwaentjie vorentoe en agtertoe. Stop die waentjie wanneer nodig, jy is in beheer. Herinner jou daaraan elke teleurstelling en terugslag gebeur soos op n rollercoaster rit, soms is jy onderstebo, ander kere gillend. Maar visualiseer jy is in beheer en raak dan rustig. Ontspan. In jou wipwaentjie is daar ook rustiger tydjie en hoogtepunte, en eventueel bereik jy die eindpunt suksesvol. Visualiseer hoe jy ook jou doelwitte en jou eindpunt bereik, al is daar ondertebo tye in jou lewe.

Moenie by die teleurstelling vashaak nie, fokus op jou doelwitte. Wees kreatief en vind nuwe maniere op by die eindpunt te kom. Onthou wanneer een deur in die lewe toegaan, gaan n beter deur en nuwe geleenthede oop.

Behou perspektief. Vandag se grootste ramp is dalk oor n paar maande n kleinigheid.

Moenie moed opgee nie vertrou, bid en bly hoop.

Soos ek die goeie aanneem, sal ek nie dan ook teleurstellings aanvaar as deel van die lewe nie? Ek kan wel nie die verlede verander nie, maar vandag het ek weer geleentheid om nuut te begin.

Ek het ondervind dat n groot teleurstelling soms n baie positiewe draaipunt in my lewe voorafgaan.

Sprankie Wysheid vir die Dag
Die siel sou nie n renboog kon h as die o nie trane gehad het nie John Vance Cheyney   

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

Skooltake?? Klik hier

Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, di mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.

Teken in /Teken uit / Kontak

Teken hier in op die poslys en lees ook die argiewe.

Om uit te teken, stuur vir my 'n epos en dui jou naam aan asook die eposdres waaronder jy ingeteken is

Kontak my hier.

Druk jou speld op my besoekerskaart!