Iemand vra nou die dag vir my of ek die spelreëls van jukskei vir hulle het. Ek kry dit toe vir hulle op die Jukskei webwerf. Dit laat my toe wonder of daar ander sportsoorte is wat hulle oorsprong hier in ons land het? As julle bewus is van sulke sportsoorte, laat my weet asseblief.

 
 
 
 

Jukskei - 'n kort oorsig

 
     
 

Die werklike “Begin” van Jukskei, volgens oorlewering, kan teruggevoer word na ongeveer 1734, toe Goewerneur Jan de la Fontaine die Fort de Rietvallei aan die Buffeljagtsrivier, gestig het. Hier het die Dragonders met juk-skeie en hout stompe na ‘n voorwerp in die grond gegooi - ‘n speletjie om ledige ure te vul.

‘n Ander faset in die ontstaan en wat tot die uitbou van die spel gelei het, was die transportryers van veral die Kaap wat by die groot uitspan plekke gespeel het en dit dus tot georganiseerde spel ontwikkel het.

Jukskei brei verder uit vanweë beoefening op die Kaapse strande deur veral die Bolandse boere. Jukskei bly slegs ‘n tydverdryf tot op 4 November 1939, toe ‘n uitdaag wedstryd op die plaas Keerweder in die distrik Klein-Drakenstein plaasvind tussen Keerweder en die manne van KWV. Hierdie wedstryd lei tot die organisering van Jukskei. Vergaderings word gehou, reëls saamgestel, Jukskei-unies gestig ... Jukskei is georganiseer !!

Op 25 Oktober 1940 word die Suid-Afrikaanse Jukskei Raad (nou Jukskei SA) gestig, wat Jukskei landwyd reël en beheer.

Met dank aan: Jukskei SA
 

  Regs klik hier om die jukskei spelreëls af te laai.