|
Ek wonder nou al vir 'n
geruime tyd wat mens van die huis af kan doen om 'n ekstra geldjie te
verdien sonder om 'n klomp geld uit te gee of om advertenie na advertensie
te beantwoord wat jou belowe dat jy duisende sal verdien deur koeverte te
vul en dan werk dit nie. Nie almal van ons is bemarkers of het die
kontakte om polisse of iets dergeliks te gaan verkoop nie. Toe begin ek dink en vra bietjie rond en kom met 'n paar idees te voorskyn om die bal aan die rol te sit. Wat jy ookal besluit om te doen, hier is 'n paar goue rëels: - wees eerlik en hou jou woord, as jy sê jy gaan iemand terug bel by 'n spesifieke tyd, doen dit voor daardie tyd. - volg altyd op, vind uit of die diens wat jy gelewer het op standaard was. Maak reg waar jy fouteer het op jou onkoste. - gaan die ekstra myl. Wat jy ookal doen, sit daardie ekstra bietjie by, dit maak wat jy doen net soveel beter as 'n ander persoon wat dieselfde diens verrig. Soek na 'n diens wat nie in jou omgewing verrig word nie, of as so 'n diens wel verrig word, vind maniere om dit beter, vinniger, goedkoper te verrig. Jy gaan nie oornag ryk word nie maar talle suksesvolle besighede het klein begin! Hier is die idees wat ek alreeds het, as jy iets kan byvoeg, doen dit gerus, dalk help ons net iemand om weer op die been te kom. Julle kan vir my ePos stuur met enige voorstelle. Besit jy dalk 'n webwerf wat redelik besoeke kry? Dan kan jy 'n inkomste uit jou webwerf maak deur oorsese Lotto kaartjies te adverteer en te verkoop. Die kommissie wat jy maak is heek goed! ePos my vir meer besonderhede |
||
Almal moet eet. Baie
mense het nie die tyd om daagliks toebroodjies te maak nie en gaan koop ten
duurste by hulle werk se kafeteria middagete. By ons werk het 'n dame
daagliks etenstyd by ons werk opgedaag met die heerlikste vars toebroodjies.
Haar pryse was billik en sy het elke dag verskillende toebroodjies gehad. Op
nat koue dae het sy pannekoek gehad en somtyds ook sop. Hier is wat jy doen. Vra by kenisse wat hulle by hulle werk vir middagete geniet. Bied aan om dit beter en goedkoper te voorsien. Neem 'n paar voorbeelde en oortuig hulle Jy kan jou pryse billik hou en tog 'n wins maak. As hulle daarvan hou is jy in en kan jy dan daagliks aan hulle toebroodjies voorsien. neem 'n meningspeoling en vra wat hulle sou verkies vir afwisseling. Probeer vetkoek met verskillende vulsels, gebruik jou verbeelding! Vir verjaarsdae kan jy koek voorsien en vir hulle partytjies versnaperings. Vir die wat dit so verkies kan jy pap en sous voorsien. Jy kan dan die firma as verwysing gebruik om uit te brei na 'n volgende firma en so aan. |
||
Meeste mense besit
deesdae rekenaars. Dit gee my 'n groot kramp as daar iets verkeerd gaan met my
komper en ek moet alles uitprop, dit in die motor laai en na die plaaslike
komperwinkel neem. As my komper breek wil ek dit in my huis en nog dieselfde
dag reggemaak hê! Hier is jou kans as jy in staat is om kompers te herstel. Werk van jou huis, adverteer plaaslik en bied aan om na jou kliënt se huis te gaan en die werk daar te doen of dit daar af te haal en terug te besorg! Ek sal vir seker so iemand ondersteun! |
||
Jy is 'n gekwalifiseerde
haarkapster en sit by die huis. Weet jy hoeveel oumense sit in ouetehuise of
by hulle huise en kan nie by winkels uitkom om hulle hare te gaan sny of
"perm" nie? Al het jy geen kwalifikasie nie, gaan was hulle hare en doen algemene versorging. Hulle sal dit vreeslik waardeer! Neem die wat nie meer kan bestuur nie winkels toe, daar is vele sulke geleenthede. Hier is jou kans, besoek die plaaslike ouetehuise en doen jou ding daar by hulle. Jy hoef natuurlik nie te stop by ouetehuise nie, die plaaslike kerke weet van lidmate wat oud is en nie meer kan rondry nie, nog meer kliënte! |
||
Baie mense sit met hope langspeelplate wat hulle nie meer na kan luister nie omdat mens nie meer platespelers te koop kan kry nie. As jy 'n komper het is dit redelik maklik om plate om te sit op CD's. Adverteer plaaslik en dan in naburige dorpe, ek sien gereeld advertensies van mense wat wil weet hoe om hulle ou plate op CD te sit. | ||
Hier is iets lekkers! Die rëel van partytjies! Baie ma's het vandag net nie die tyd om kinderpartytjies te rëel nie. Bied die diens in jou omgewing aan. Sorg dat jy alles doen, die ma en haar kind en die gaste moet net opdaag en hulleself geniet. En dan natuurlik betaal ook! Gebruik jou verbeelding, ek is seker jy sal 'n sukses daarvan maak. Adverteer plaaslik en as jy goed is sal "word of mouth" die res vir jou doen, sommer gou sal jy hulp moet kry en jou besigheid sal begin uitbrei. Dit hoef natuurlik nie by kinderpartyties op te hou nie, gebruik jou verbeelding! | ||
Met misdaad wat deesdae
hoogty vier is dit altyd 'n bekommernis as mense met vakansie weggaan. Diere
moet kosgegee word, plante moet natgemaak word, pos moet uit die posbus
gehaal word. Bied hierdie diens in jou omgewing aan. Ek wens ek kan 'n betroubare persoon kry om ons honde kos te gee en van ons plante nat te maak as ons met vakansie of selfs net vir 'n naweek weggaan! Bou vir jou gereelde klandisie op en as jy betroubaar is sal hulle vir jou adverteer. Adverteer ook om na diere om te sien by jou plaaslike veearts. |
||
Baie mense sit met ou fotos van geliefdes wat met die tyd gevou of gekrap geraak het. As jy 'n komper en die regte sagteware het kan jy die fotos so goed soos nuut herstel, bied sommer aan om dit vir hulle te raam ook! | ||
As jy in 'n vakansiedorp woon is daar ook geleenthede. Baie mense het vakansiehuise en as hulle na 'n lang reis arriveer wil hulle nie nog gaan kruideniersware koop, die yskas en vrieskas aansit en die bier laat koud word nie. Hier is 'n geleentheid vir iemand om so 'n diens te verrig, gaan gesels met die mense as hulle weer daar vakansie hou, asook met ander families wat ook met vakansie is. Baie huise word verhuur en dieselfde diens sal nodig wees wanneer die vakansiegangers arriveer! | ||
Oorweeg 'n stalletjie by jou plaaslike vlooimark. Hier in ons omgewing is hulle net naweke en vakansiedae oop so dit neem nie al jou tyd in beslag nie nie. Op jou "af" dae kan jy voorraad vervaardig! As jy handig is met iets soos houtwerk, klere maak of enigiets interessant kan maak is daar geleentheid. Ek het by die Waterfront in Kaapstad 'n ou gesien wat papier doilies lamineer en hulle dan vir 10 keer hulle oorspronklike prys verkoop! So lyk dit fantasties op 'n skinkbord en kan oor en oor gebruik word. Al wat dit verg is 'n bietjie verbeelding! | ||
Een van
ons kerk se omgeegroepe het op 'n Saterdagoggend op 'n lëe erf worsbroodjies
verkoop en net vir die oggend R1600 wins gemaak. Ek is nie seker of
mens moet toestemming daarvoor kry nie, maar ek plaas dit hier as 'n idee!
Een van die plaaslike supermarke verkoop ook elke Saterdag oggend
worsrolletjies op hulle stoep en dit het al 'n instelling geword om daar te
gaan koop, wie wil tog kosmaak op 'n Saterdag? Op pad Hartebeespoortdam toe by Lanseria veby is daar 'n stalletjie, Pete's Boerewors Rolls, en ek sien altyd motors wat daar stilhou. Ek sien hy brei nou uit want 'n paar kilometers verder het hy nou al 'n tweede stalletjie. Een ding is seker, in kos is daar geld! Nog op die onderwerp van kos, ek sien in die industriëele gebied naby ons is daar 'n paar mense wat uit omgeboude ou karavane middagete aan die fabriekswerkers voorsien. Hulle moet 'n klein fortuintjie maak! |
||
As jy sweisapparaat het en handig is daarmee is daar ook geleenthede. Ek soek die ander dag vir iets waarop ek die tuinslang kan oprol. Die supermarkte vra 'n klein fortuin daarvoor en ek koop toe 'n heel werkbare een langs die pad vir R60. Dis nou tuinmaak seisoen en so iets sal in aanvraag wees. Ons het van hierdie waterspuite wat jy aan die tuinslang skroef, dit lê dan op die gras en spuit. Ons wou dit van 'n hoogte af laat spuit en my swaer maak toe 'n eenvoudige staander wat jy in die gras indruk en die spuit gly bo op in 'n gleuf in. Siedaar, probleem opgelos.Hierdie en soortgelyke item is ideaal om op 'n vlooimark te verkoop. | ||
Daar is 'n dame in ons kerk wat vreeslik lekker koeke, beskuit en beskuitjies bak. Sy adverteer nie en almal weet hoe om met haar in verbinding te tree as hulle iets spesiaals wil hê. Jy bel haar net en plaas 'n bestelling en in 'n dag of twee gaan haal jy dit af. Begin om koeke vir julle kermis se koektafel te bak, maak seker jou naam en foonnommer is beskikbaar en as hulle daarvan hou sal die mense jou begin kontak. As jy goed is kan jy ook vir die plaaslike tuisnywerheid bak, maar jou wins is dan minder. | ||
Ek kry 'n advertensie in my posbus van mense wat op weeksdae 'n maaltyd by jou huis kom aflewer. Die koste is R19.99 per bord en die verskeidenheid is groot, van bobotie tot skaapnek potjie. Elke maaltyd het ook groente by. Ideaal vir werkende mense wat nie tyd het vir koskook nie.Jy kry 'n maand se spyskaart vooruit si jy weet wat jy gaan kry. Ek dink so iets kan in groot dorpe of stedelike gebiede werk. | ||
Met meeste van die idees hierbo kan jy met amper geen kapitale uitleg begin en tog stadig opbou na 'n bestendige en winsgewende tuisbesigheid. As julle nog idees het, laat my weet en ek plaas dit hier. | ||
Die
volgende is van Danie se
Eg Afrikaans
nuusbrief: Enige Suid-Afrikaner wat werk soek, kan Solidariteit kontak by telefoonnommer 012 643 8500, vra vir Netmark en gesels met hulle, of alternatiewelik kan persone sommer direk hulle CV’s deurfaks na 012 663 1929. Waar dit hoegenaamd moontlik is, gaan hulle jou help om 'n werk te kry. |
||
Hier is nog
idees uit Dr. S T Potgieter se nuusbrief:
Veelvoudige strome van inkomste
|
||
Vir nog meer inligting oor Tuiswerk Idees kontak gerus vir T van der Walt per epos | ||
As jy nog idees het. laat my weet asseblief? peter@peterjasie.co.za | ||