|
|
||
|
Biduurtert |
||
| Biduurtert 2 groot eiers 8 eetlepels suiker 4 eetlepels botter 1 koppie kookmelk 12 eetlepels meel 2 1/2 teelepels bakpoeier knypie sout 4 eetlepels botter 6 eetlepels heuning Room die eiers en die suiker saam. Smelt die botter in die kookmelk en laat 'n bietjie afkoel. Voeg dit om die beurt met die meel, bakpoeier en sout by die eier. Meng deeglik. Bak dit 20 minute lank teen 200º C in die bak waarin dit bedien gaan word. Maak intussen 'n sousie aan deur die heuning en die 4 eetlepels botter saam te smelt. Sny die koek in porsiegrootte blokke en giet die heuningsousie daaroor. Bedien warm. Bredasdorp poeding Week een ons gelatien in koue water vir 'n uur. Wanneer sag, voeg by een koppie kookwater, 1/2 lb. wit suiker en die sap van drie suurlemoene asook die geklitste gele van 6 eiers. Roer oor hitte tot dit begin dik word. Dit moet NIE kook nie. Verwyder van hitte en roer in die goed geklitste eierwitte. Gooi in 'n vorm en laat in 'n koel plek om te stol. Oorlog poeding |
||