| Idees
vir jaffle of snackwichvulsels
Kaas en tamatie
Kaas en gesnipperde
weense worsies
Kaas en uie
Net kaas
Kyk in yskas vir
enige oorskietkos, sit dan gerasperde kaas daarby
Stukkies gaar spek en
piesang met kondensmelk
Piesang en
kondensmelk
Roereier en kaas
Roereier en
gesnipperde vleis/wors/spek
Grondboontjiebotter
en kaas
Marlene
van Loggerenberg
Doen die gewone jaffle met twee snye gesmeerde brood.
Smeer binnekant met lekker blatjang.
Sit 'n paar skyfies piesang in
en verder 'n lepel maalvleis.
Baie lekker. Gebruik dit gerus.
Carin Pienaar
'n Jafel met mince (gooi
sojamince by om dit meer te maak - verskillende geure te kry). As jy nie
genoeg het nie, veral as jy
verafgeleë kamp en net bietjie koudhouplek of geen krag nie. Die soya
gee 'n heerlike smaak.
Ansie Nortje
As ek 'n snackwich toebroodjie maak is daar vir my niks lekkerder as om
polonie te rasper en dit met tuisgemaakte blatjang te meng nie.
En 'n jaffle is die lekkerste met maalvleis, tamatie, kaas en mosterd.
Ek het ook gehoor van iemand wat 'n rou eier in die jaffelpan bo-op brood
gooi en dan bak soos 'n gewone jaffel. Maar ek het dit nog nooit self
probeer nie.
Wilna Rocher
Maalvleis
Maak maalvleis gaar, met gebraaide uie, speserye.
Sit chutney en tamatiesous op broodjie
Skep die maalvleis op die broodjie
Sit dit in 'n snackwich
Tanja van Papendorp
Jaffle/snackwich - Soutbeesvleis gemeng met blikkie mielies, (die heelpit een)
Ook baie lekker, en dit kan 'n lekker maaltyd
wees.
Klassieke
kaas-en-tamatie
2 snye witbrood, aan die een kant gebotter
beleë cheddarkaas, dun gesny – ’n groenteskiller werk perfek
’n goeie ryp tamatie, in skywe gesny
’n paar dun skyfies uie
’n handvol sout-en-asyn-aartappelskyfies uit ’n pakkie
Pak jou lagie kaas op die sny brood se botterkant. Maar onthou, jou kaas
moet dun gesny wees, want dan kom die geure na vore.
Bedek dit met uie, maar nie te veel nie. Die ui moet die geure net uitlig,
nie papmoker nie. Dan laat waai jy met die
tamatie. Rond af met ’n lagie aartappelskyfies om als ’n lekker knars te
gee, asook daardie pikante sout-en-asyngeur. Plak
dit toe met die ander sny brood.
Wanda
Vir ‘n vegetariese verandering, kan mens boontjies wat oorgebly het (die wat
mens ‘mash’ met aartappel) met bietjie blatjang meng en dan ‘n snackwich
maak. Dis heerlik!
Amanda Kriek
Soete Verleiding
Yum-Yum grondboontjiebotter (geel houer, crunchy)
Blik gekookte kondensmelk
2 piesangs
8 snye wit brood
Smeer brood aan die buitekant botter
Gebruik halwe piesang per broodjie
Smeer grondboontjiebotter op brood
Laag kondensmelk bo-op
Bak in snackwich tot bruin
Baie soet, maar heerlike soete verleiding
Kriek-kaaskrul
toasties
Melrose kaassmeer (biltong of spekgeur)
Kaaskrulle (Willards)
Smeer brood aan buitekant botter
Smeer kaassmeer op en pak kaaskrulle enkellaag
Bak in snackwich tot bruin
Die kaaskrulle kan met "Flings" vervang word en die kaassmeer met wit "Parmalat
Funky Cow Wedges" vir 'n ander smaaksensasie.
Annamarie
As jy volgraan brood of verkieslik saadjiebrood in of 'n jaffle of
snackwich pan doen met die volgende vulsel:
gebraaide ontbytspek
brie kaas en
geelbessie konfyt
Wilma du Plessis
Maak kapokaartappels gegeur met botter, sout en peper na smaak (effens styf)
en meng gerasperde kaas daarby. Skep in
snackwichmaker en braai tot goudbruin. Dit is heerlik saam met braaivleis
en vertoon baie mooi.
Karina Venter
Braai wors en blokkies aartappels met uie tot gaar. (oorskiet kos van vorige
aand?)
Sny wors in blokkies en meng weer saam met uie en aartappel mengsel. Maak
sous van Bisto of soppoeier.
Skep lepelsvol op broodjie en plaas in jaffle/snackwich masjien.
Meng tuna met uie, agurkies, groen rissie en mayonnaise.
Neem gaar vleis (bees/lam, enige oorskiet vleis).
Sny in blokkies en braai in pan saam met uie, groen rissie.
Roer bietjie kerrie en borrie na smaak by.
Kook gemengde groente tot sag (blomkool, broccoli, worteltjies, ertjies,
mielies)
Braai saam met uie, sampioene en green pepper.
Maak sous bietjie dik met Maizena
|